|
VAKGROEP AFRIKAANS: SKOOL VIR ONDERWYSOPLEIDING |
|
HELP-MEKAAR | HUMOR | NUUS | LESIDEES | SKAKELS | SKRYWERS | UGO | VOORGESKRYF | WENKE | E-POS |
ELISABETH EYBERS
Saamgestel
deur:
Elisabeth
Eybers is op 16 Februarie 1915 in Klerksdorp gebore. Sy het grootgeword in
Schweizer-Reneke. Haar vader was ‘n leraar van die Neder-Hervormde Kerk in
Schweizer-Reneke. Elisabeth het haar skoolloopbaan voltooi en is op die ouderdom
van 16 na die Universiteit van die Witwatersrand. Daar het sy B.A. studeer en sy
behaal haar graad met onderskeiding. ‘n Redelike tyd lank beoefen Elisabeth
joernalistiek. In 1937 trou sy met mnr A.J.J. Wessels. In 1934 en 1971 behaal sy
die Hertzogprys vir poësie. Sy is ook die eerste Afrikaansr vrou wat die
Hertzogprys gewen het.
Elisabeth
se eerste digbundel, Belydenis in die
Skemering is in 1936 gepubliseer. In haar gedigte is daar baie
herinneringsbeelde, droombeelde en die natuur as sinnebeeld te sien. Aanvaarding
word ook uitgebeeld in haar gedigte. Die gedig “Maria” is die
sterkste gedig in die bundel.
Die
titel van haar tweede bundelis Die Stil
Avontuur. Die gedigte het baie te doen met innige liefde wat vervulling
bereik in moederskap. Elisabeth het ook meer lewenswysheid. Die gedig “Lied
van die Blinde” bevestig dit.
Die Vrou en ander Verse is in 1945 gepubliseer en die gedigte gaan oor die
dood van haar jeug, bv. die gedig “Herinneringe”. ‘n Vierde bundel
van Elisabeth is Die Ander Dors wat in
1946 uitgereik is.
Daar
is nog ander digbundels deur Elisabeth uigegee, onder andere, Tussensang
- 1950, Helder Halfjaar – 1956, Versamelde
Gedigte -1957, Neerslag – 1958, Balans
– 1962, Onderdak – 1965 en Kruis of
Munt
– 1973.
Elisabeth
Eybers se gedigte spreek met ‘n eie stem. Haar kuns word gekenmerk deur
egtheid, soberheid, eenvoud en warme menslikheid.