Goudmyn Tuisblad  

'n GOUDMYN VIR AFRIKAANS-ONDERWYSERS

VAKGROEP AFRIKAANS:  SKOOL VIR ONDERWYSOPLEIDING

                                                                                Fakulteit Opvoedkunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA                                                                                        


LEES | HELP-MEKAAR | HUMOR | NUUS | LESIDEESSKAKELS | SKRYWERS  | UGOVOORGESKRYF | WENKE | SPEEL | E-POS     


ALLES OOR KRINGE IN 'N BOS (Dalene Matthee)!


 

Deur Elmarie van der Walt, HOD IV-Student, 2002 


Inhoudsopgawe:

  1. Dalene Matthee- Biografie

  2. Artikels oor Dalene en haar werk

  3. Program om Kringe in ‘n Bos (Roman) in die klas aan te bied

  4. Vrae oor Kringe in ‘n Bos

  5. Taalleer Opdragte

  6. Leerareas en Kringe in ‘n Bos

  7. Karaktersketse 

  8. Ruimte

  9. Verhaallyn

Dalene Matthee: Biografie

Foto: Met dank aan Tafelberg

Dalene Matthee (gebore Scott) is in 1938 op Riversdal gebore.  Sy’t ook daar skoolgegaan en in 1957 daar gematrikuleer.  Sy het toe by die Van Zyl Musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Convent op Graaff- Reinet musiekopleiding ontvang.  Sy het op agtienjarige ouderdom getrou met haar vriend Larius. Sy en haar man het op verskeie dorpe in die Suid-Kaap gewoon, maar meeste van hul getroude jare op George. 

 

Dalene het drie pragtige dogters grootgemaak, klavierlesse gegee, metafisiese geskrifte begin bestudeer en stadigaan so begin skryf. Dalene se drie dogters is: Amanda, ‘n taalkundige, kopieskrywer en vertaler en een wat uiteraard baie krities ingestel is teenoor haar werk;   Toni, die middelste dogter is in die teaterwęreld en volgens haar ma baie knap en die jongste een, Hilary, is een vir syfers en rekenaars, soos sy sę: "Dikwels my redding wanneer die rekenaar lol".  Dalene bly tans in Skerpioenweg 23, Hartenbos.  Dit is ‘n ruim leefhuis waar mense dikwels verby ry en staar;  waar kwikkies ewe kontant by die woonhuis inwip vir kaas, verbeelde feetjies in die skaduryke binnehof woon, en uitverkore teddiebere uit haar dogter se versameling blinkoog in die geselskap sit.

 

Aanvanklik het sy eers kinderverhale vir die radio geskryf, later tydskrifverhale en toe vervolgverhale.  Sy het nie sommer oornag roem verwerf nie.  Sy’t eers twee populęre romans gepubliseer: ‘n Huis vir Nadia(1982) en Pieternella van Aarde, burgermeester(1983).  Haar eerste boek was ‘n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970) en in 1982 het daar ook ‘n bundel kortverhale verskyn, naamlik Die Judasbok.

Maar die Outeniqua-bos het altyd ‘n besonderse bekoring vir haar gehad.  Sy’t lank navorsing gedoen vir haar eerste bos-roman, Kringe in 'n Bos (1984).  Sy het nie net in museums navorsing gedoen nie, maar in die oerbos self, waar sy met haar gesin die bospaaie geloop en snags by die verblyfplek van die olifante geslaap het.  Sy sę:”Ek woon naby die Bos. Jy ry kilometres ver deur plase, denneplantasies en kreupelhout en jy vra jouself af:  Wat het van die oerbos geword wat hier gestaan het?"

 

In 1886 was daar tussen vier- en vyfhonderd olifante in die bos - die mooistes in die węreld.  In 1972 was daar maar slegs 12 oor.  Waar is hulle heen?  Wie het die uitroei- werk gedoen, en waarom?  "Ek het Kringe in ‘n Bos geskryf  om die waarheid daaroor te probeer vertel.”  Kringe in ‘n Bos gaan dus oor die uitwissing van die olifante en die uitbuiting van die houtkappers in die Knysna-Bos.  Die boek het internasionale status verwerf en was ‘n groot sukses.  Dit is tans in 11 tale vertaal.  Dit was ook die eerste blitsverkoper in Afrikaans en het 10 000 kopieë verkoop binne die eerste drie weke.  Sy’t ook hiermee met die ATKV- prys weggeloop.  Daar is ook ‘n Engelse film gemaak oor die boek, Circles in a Forrest.

Dalene Matthee het nie daar gestop nie, maar publiseer in 1985 Fiela se Kind wat ook ‘n reuse sukses was en ook verfilm is onder die regie van Katinka Heyns.  Sy eindig met haar derde bosroman, Moeibeibos in 1987.  In 1993 verras sy die volk weer met Brug van die Esels  en in 1995 met Susters van Eva. In 1993 ontvang sy ook in Zűrich ‘n Switserse literatuurprys vir haar “lewenskragtige literęre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbewaring”.   Haar jongste roman, Pieternella van die Kaap het in Maart 2000 sy verskyning gemaak.

 

"Die boek het ongelooflike navorsing en dissipline geverg,"  het sy in haar onderhoud met Linda van Zyl gesę.  Sy was fisies op Robbeneiland en moes eers spesiale toestemming verkry het om die eiland geheel en al te leer ken.  Sy was Den Haag na die Generale Vereenighde Nederlandtsche Geoctroyeerde Oostindische Compagnie (VOC) se martelkamers toe in Holland.  Daarna ook Amsterdam toe, want by die Skeepsmuseum dryf in die hawe die ou VOC seilskip waarin sy elke hoekie moes verken het.  Daarna Mauritius toe  waar die ou Losie van die Hollanders gestaan het, waar die skepe aan anker gelę het. 

 

Hier het sy die karakters vasgevang.  Sy’t die dagboek van Lamotius en elke brief wat van Mauritius af aan die Kaap gerig was, opgespoor.  Ten einde het die navorsing haar R59 000 uit die sak gejaag. ‘n Defnitiewe MOET!

 

‘n Kort lysie van haar toekennings: Vier ATKV-Pryse vir Prosa, die Switserse Prys, ‘n toekenning van Boswese; en toekennings van verskillende universiteite. Haar kommentaar daaroor: “Nagmerrie geleenthede, want ek het nooit die regte rok aan nie.”

 

Vir meer inligting oor haar en haar werke, besoek gerus die volgende webruimtes:

            http://www.boekwurm.co.za/blad_skryf_klmno/mathee_dalene.html

            http://www.tafelberg.com/skrywers/dmatthee.html

            http://www.nzaw.nl

            http://www.westerncape.gov.za

            http://www.onnet.up.ac.za/dalenem.html       

            http://mg.co.za/mg/books/0004/000425-matthee.html

            http://www.mweb.co.za/litnet/seminaar/pieternella.asp

            http://www.wna.co.za/litnet/seminaar/sonnoorpiet.asp

            http://www.nd.nl/htm/rec/reck33.htm

            http://www.zuidafrikahuis.nl/skrywers-m.htm

 

Uittreksels uit die bg webbladsye, asook die binneblad van Kringe in ‘n Bos; Cape Libr.; van Zyl, L;  Sept/Oct 2001;  p20

 

 Artikels oor Dalene en haar werk:

1.      “Ons moet die Grootvoete red” Rapport, 3 Desember 1989

Ek sal die artikel ten sterkste aanraai om in die hande te kry. Die artikel spreek direk die boek en die natuur aan.  Daleen Matthee is ook op die foto's saam met Randall Moore, die węreld bekende olifantkenner.  Die artikel is perfek vir taalleeropdragte terwyl u besig is om Kringe in ‘n Bos  as roman te behandel. Die artkel kan ook as basis vir kreatiewe skryfwerk dien, sowel as mondelinge soos debatte ens. DOEN GERUS MOEITE!

2.  "Olifantman en Dalene praat lank”, Rapport, 3 Desember 1989, p3

Die artikel kan aangewend word soos by no. 1.

3.    “Soetkoek van die woord”- Literęre profiel oor Dalene Matthee” De Kat, Oktober 1987

Die artikel kan aangewend word soos by no. 1.

4.    Die Transvaler, 25 August 1986

5.    “Dalene Matthee kry Europese Prys”, Burger, 22 Oktober 1993, p3

6.      A.P. Brink, Rapport, 27 Mei 1984

7.      Anna van Zyl, Die Volksblad, 2 Junie 1984

8.      I.A. van Zyl, Die Suidwester, 29 Julie 1984

9.      Cecile Cilliers, Beeld, 28 Mei1984

10.  J. P. Smuts, Die Burger, 7 Junie 1984

11.  Elsa Joubert, Die Vaderland, 2 Julie 1984

 

 Daar is nog baie ander artikels.  U moet net moeite en nog navorsing doen.

Artikels 6- 11 se verwysings is gekry uit: Kringe in ‘n Bos Jooste, G.A. Dr. ; Reuse-Blokboeke; Academica,Pretoria, 1986.

 

Program om Kringe in ‘n Bos IN DIE KLAS AAN TE BIED

Ek sal aanraai dat u bv in die eerste kwartaal (6 siklusse of 8 weke) u korter prosa werke sal doen soos Verlore Paradyse – N.J. Snyman (samesteller) asook u drama Keiser - Bartho Smit.

Die tweede kwartaal doen u dan Kringe in ‘n Bos - Dalene Mathee soos volg: (Let wel: dis slegs ‘n raamwerk - wees self kreatief in u beplanning)

·        Die periodes is gewoontlik 2 periodes per week.

 

Program

Aktiwiteit

Week 1

Hoofstuk 1 & 2 + Vrae (Huiswerk)

Oopboektoets Hoofstuk 3

Week 2

Hoofstuk 3 + Vrae (Huiswerk)

Week 3

Hoofstuk 4–9 + Vrae (Huiswerk)

Toets 25 punte

Week 4

Portefeulje Opdrag:

Opdrag gee en werk in die klas aan die opdrag

Week 5

Hoofstuk 10-14+ Vrae (Huiswerk)

Oopboektoets Hoofstuk 15-16

Week 6

Karaktersketse

Week 7

Hoofstuk 15-18 + Vrae (Huiswerk)

Toets 25 Punte

Week 8

Portefeulje Opdrag inhandig

Doen langvrae. (7 vrae en 200-250 woorde - na vakansie voltooi)

Leer die leerders hoe om langvrae te beantwoord (Wenk: Bloom se taksonomie)

Eerste week na vakansie (3de Kwartaal)

Kwartaaltoets oor die boek

Kort en langvrae

 

Tekstuele Vrae

Daar is duisende bronne wat u kan raadpleeg om u as onderwyser te help.

Ek lys net ‘n paar waar u kan gaan soek en u kan self besluit wat relevant is vir  u klas.:

 

1.      Klasgids, vol 23, Augustus 1988, p40-58

-         Die artikel betaan uit kontekstuele vrae oor Kringe in ‘n bos van hoofstuk 1-18 deur Hoërskool Pietersburg.

-         Die artikel is ‘n MOET, veral vir die nuwe onderwyser wat nog onseker is oor hoe om ‘n roman se vrae op te stel.

-         Daar is ongelooflik baie vrae en u kan self uitsoek watter vrae relevant is.

 

2.      Klasgids, vol 24, Mei 1989, p 30-49

-         Die artikel bestaan uit 70 hersieningsvrae ( meervoudige keuse vrae) van Hoërskool Menlopark

 

DAAR IS ONGELOOFLIK BAIE ARTIKELS OOR KRINGE IN ‘N BOS EN DALENE MATTHEE IN DIE SKATKIS (UP Biblioteek) - DOEN GERUS MOEITE OM ‘N PAAR UUR EEN MIDDAG NA SKOOL DAAR ROND TE GAAN SNUFFEL.

U SAL NOOIT SPYT WEES NIE.

 

3. Kringe ‘n ‘n Bos;Jooste, G.A. Dr; Reuse-Blokboeke; Academica, Pretoria, 1986

-         Die besprekings oor Kringe in ‘n Bos is behandel  deur Dr. G.A. Jooste

4.      Kringe in ‘n Bos, College of Careers (Edms.) Bpk, Studiegids, 1986

-         Die boekie het verskeie interessanthede waarna u maar kan kyk.

                       

5.      Kringe in ‘n Bos, Die blou boek reeks Studiegids, Guidelines (Edms) Bpk, Craighall, 1990

-         Die boek bevat ook kontekstuele vrae asook langvrae.  

 

Taalleer Opdragte  

Die woord as Taalgebruikseenheid en leesteken  - gebruik:

1.         U  kan die artikels gebruik om begripstoetse met die leerders te doen.

2.         U kan die boek gebruik waar dialoog geskryf is en direkte en indirekte rede

met die leerders te doen.  Gee slegs die hoofstuk- of bladsyverwysings.

3.         U kan ‘n oopboektoets vir die leerders gee om so ‘n stilleesopdrag te doen

            terwyl u die boek met hulle behandel. (Hoofstukke wat nog nie behandel is

            nie).

4.         U kan spelfoute en leestekens wat foutief is in ‘n stuk gee (Bladsy in Kringe in ‘n Bos) en die leerders opdrag gee om die foute te korrigeer. Kies ‘n bladsy met moeilike woorde.

5.         U kan lettergrepe, die skeiding van woorde, meervoude en verkleinings

            en afkortings vir die leerders vra met die teks (Kringe in ‘n Bos) as verwysing.

 

Klanksisteme:

1.         U kan hier Drama inbring en die leerders vra om ‘n toneelstuk van so 2 min.

            in groepe te doen waar Saul en MacDonald betrokke is. Wees kreatief. 

            Behandel al die Drama Elemente bv. Spraakorgane, Aksent en 

             Beklemtoning, Artikulasie, Ronding, Ontronding, en Oorronding, alles 

            rondom hoe om jou stem te Projekteer en hoe om die Verhoog te gebruik.

2.         Doen ook die Fonetiese Alfabet met die leerders en laat hulle van die woorde in

            die boek oorskryf in fonetiese alfabet.

3.         Daarna kan u ook nasalering en vokalisering, assimilasie,

vokaalreduksie/ vokaalverswakking, klanktoevoeging en klankweglating

ens.doen. Daar is uitstekende voorbeelde daarvan dwarsdeur die boek.

 

Woordeskat:

1.         U kan Woordvorming doen.

2.         U kan voorbeelde vir die leerders uit die teks vra oor die herkoms van

Afrikaanse Woordeskat nl. erfgoed, eiegoed en leengoed nadat u dit behandel

het.

3.         U kan Woordeskatuitbreiding behandel nl. Kontaminasie, Volksetimologie,

            Klanknabootsing, Toutologie, Analogie en Neologismes d.m.v. die teks en

voorbeelde uithaal.

4.         U kan Vakterme doen en die leerders sę hulle moet voorbeelde hiervan soek

            van die houtkappers.

 

Woord as Taalgebruikseenheid:

1.         U kan die leerders met teks as verwysing verskeie voorbeelde van die

Woordsoorte laat uitken na die behandeling van woordsoorte. VERWYS NA

WOORDSOORTLES VAN MEV. HEYNS.

 

Sintaksis:

1.         Nadat u sintaksis reeds behandel het, kan u opdrag aan die leerders gee om

            voorbeelde van die verskeie sinne uit die teks uit te haal. Dit is ‘n

hersieningsoefening.

 

            Semantiek:

1.         Hier kan u Polisemie, Sinonieme, Antonieme, Homofone en Homonieme,

ens. doen as hersieningsoefeninge waar die leerders telkens

voorbeelde uit die teks uithaal nadat u die werk reeds met die leerders

behandel het.

 

Taalverskeidenheid:

1.         Hier kan u as onderwyser baie kreatief wees en u kan Sosiale verskeidenheid,

            Historiese verskeidenheid (Chronolekte),  Geografiese verskeidenheid

(Streekstale en dialekte), Stilistiese verskeidenheid, Persoonlike

verskeidenheid, Kanaal (spraak teenoor skrif), Invloede van Taalkontak,

Wisselvorme  doen. Vra vir leerders om ‘n ou resep van ouma bv. te bring asook ‘n nuwe resep en die hoeveelhede en woordgebruik te vergelyk)

 

Ek het die volgende bron as Raamwerk gebruik:

        Taalleerstudiegids st. 6-10 , HG & SG; 1996 Sillabus; Roux, R & Jordaan, A; Sunset view Uitgewers; Hercules;1996

Boontoe

 

INTEGRERING VAN ANDER LEERAREAS

U kan ręrig mal gaan en dis juis die idee om die leerders lief te maak vir AFRIKAANS.    

Leerareas:

1.      Tegnologie (Portefeulje opdragte)

2.      Lewensoriëntering (Taalleer, Mondeling, Kreatiewe skryfwerke)

3.      Wiskunde (Taalleer- Resepte)

4.      Natuurwetenskappe (Behandeling van Ruimte)

5.      Menslike en Sosiale Wetenskappe (Karaktersketse, Taalleer, Mondelinge-debatte, kreatiewe skryfwerk)

6.      Kuns en Kultuur (Karaktersketse, Drama, Portefeulje Opdragte )

7.      Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Portefeulje Opdragte en Taalleer asook kreatiewe skryfwerke)

 

            Karaktersketse

1.    Laat die leerders ‘n grafskrif ontwerp met bewoording van elke karakter se sterkste karaktereienskappe.

2.    Die leerders kan ‘n familiewapen ontwerp van die Barnards en/of ook die McDonalds.  Daarna kan die leerders die twee vergelyk.

3.    Maak ‘n skets of plak ‘n prentjie van al die hoofkarakters in hul boek of vir hul portefeulje (o.a. Saul, Joram en Jozef Barnard, Oom Anneries, Maska, Sanna, Kate, Carolyn en MacDonald,ens. ).

4.    Laat die leerders die vlg. werkkaart voltooi soos hul die boek voltooi

(Dit is slegs ‘n riglyn en die onderwyser kan self kreatief wees en nog baie karakters bylas)

KARAKTERS

 BARNARDS:

 

MACDONALDS:

 

 

Ruimte

 

VERWOESTING VAN DIE BOS

 

 

 

VERHAALLYN:

 1.      Laat die leerders die volgende gebruik en die hoofgebeure in volgorde 

kortliks inskryf:

VERTELLYN:

 

                  

2.   Laat die leerders die werkkaart vir die karakters as raamwerk gebruik

      en nog ander ander  simbole byvoeg, vir bv. Maska is ‘n voël wat elke 

      keer  die  nuus vir Saul bring. Die delwers se simbool kanl  bv. ‘n

      goudsteentjie wees. ‘n Munstuk sal o.a. vir MacDonald voorstel, ‘n

      ivoortand die jagters of dalk Stopforth wat Oupoot doodgeskiet het, 

ens.  Daarna moet die leerders of vir elke hoofstuk ‘n vertellyn met simbole in hul eie kreatiewe formasie uitbeeld of die hele boek se hoofgebeure uitbeeld.  Al die simbole moet gelys word, asook wat dit verteenwoordig.

 

Boontoe