|
VAKGROEP AFRIKAANS: SKOOL VIR ONDERWYSOPLEIDING |
|
LEES | HELP-MEKAAR | HUMOR | NUUS | LESIDEES | SKAKELS | SKRYWERS | UGO | VOORGESKRYF | WENKE | SPEEL | E-POS |
Kreatiewe idees vir kreatiewe skryfwerk
Deur HOD IV-studente, 2002
Graad 4
Die dag toe Stich/ enige karakter uit ‘n bekende film by my kom inloer het...
Daar is iets in my kas...
My ergste straf nog...
Die mooiste film wat ek nog ooit gesien het
Ek, Donald Duck en Buggs Bunny...
Graad 5
My avontuur saam met “Monster inc”/ enige ander film
Jy is ‘n insek in “Lion King” – jy het gehoor hoe vertel Timon vir Pumba hoe hulle daardie selfde aand na jou familie se termietgat sal gaan – hoe gaan jy hulle keer om jou en jou familie ‘op te eet’?
Al my fiemies...
Die dag toe ek Harry Potter moes help...
My eerste jagtog
Ek is: (kies enige sprokieskarakter)
Graad 6
Skryf ‘n episode vir Vetkoek Paleis
Skryf ‘n spookstorie uit die oogpunt van die spook!
OP pad huis toe val jy in ‘n gat – en jy val tot in ‘n ander land – wat gebeur alles met jou, en hoe kom jy terug huis toe???
My resep vir die beste vriendskap
As ek miljoen rand wen...
Die węreld oor 50 jaar
Graad 7
Jy is ‘n vlieg teen die muur in die personeelkamer... wat hoor jy?
Ek hoor die hoërskool is....
As ek die staatspresident is, ....
3 uur in die oggend. Die telefoon lui...
Wat is alles in my skooltas?!
Jy skrik wakker, en kom agter is jy ‘n seun/dogter (teenoorgestelde!) – hoe kom jy deur hierdie dag sodat niemand dit agterkom nie??